KLIPFONTEIN | BOERBOKKE
maklik nie. Ek het met hom ooreengekom om gesamentlik die ram te koop. Ek moes geld leen en ons het’ n aanbod van R500 000 gemaak, en die ram was ons s’ n. Dit was in daardie stadium die duurste ram wat nog ooit verkoop is. Maserati het vir ons goed gedoen en het op die ou end heelwat minder gekos nadat ons sy dienste en saad verkoop het.”
Volgens Joubert het Maserati baie bygedra om sy stoet se naam uit te dra en daar het baie navrae ingekom.
MARKVRAAG, LAMTYD EN BESTUUR
Hy vertel dat die Boerbokbedryf in Suid-Afrika op’ n goeie plek is en dat baie mense wil inklim omdat hulle sien die bedryf doen goed. Die rede waarom hulle goed doen, is weens die groot aanvraag na bokvleis. Baie mense dink bokvleis is nie lekker nie, maar die rede hoekom daar nie bokvleis by groot kettingwinkels soos Pick n Pay en Spar is nie, is omdat die aanvraag die aanbod oorskry. Daar is nie genoeg boere wat konstant groot volumes kan verskaf nie.
Joubert by die liefdes van sy lewe – sy kinders Janlo( 8), dogter Janeke( 5), sy vrou Janita en een van sy beste teelramme, Appel.
76 GROND TOT MOND MRT 2026