Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 75

BOERBOKKE | KLIPFONTEIN

GROOT BESLUITE EN GROOT GENETIKA

Die waagmoed van die jeug nog met hom, het hy met sy terugkeer uit Frankryk’ n nuwe motor gekoop, is hy getroud en met R60 000 in sy spaarrekening oor,’ n ram van R45 000 aangeskaf, tot groot verdriet van sy skoonpa, wat meer kommersieel ingestel is en geglo het jy betaal nie meer as R5 000 vir’ n ram nie. Ná twee jaar in die Kalahari het hy die geleentheid gekry om op die plaas Klipfontein in Vryburg te kom boer, wat beter was vir sy kinders se skoolloopbane. Met sy addisionele kwalifikasies en sy vrou se skoolhou was dit’ n aanloklike opsie.

Hy het sy stoet begin opbou en goeie ramme gekoop, en die stoet geregistreer as die Joubert Hornboerbokstoet.

Hulle het ook self veilings begin aanbied, die Red Carpet Premium Sale en die Extreme Genetics-veiling. Op die eerste Red Carpet-veiling het hulle ongeveer 60 ooie en 20 ramme aangebied.

Ten einde die genetiese gehalte van sy stoet verder uit te bou, het hy’ n wêreldkampioenram, Maserati, saam met Salmon van Huyssteen aangekoop.“ Maar dit was nie

MRT 2026 GROND TOT MOND 75