Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 72

Woorde: Danie Keet | Fotografie: Mia Truter en verskaf
KLIPFONTEIN | BOERBOKKE

Woorde: Danie Keet | Fotografie: Mia Truter en verskaf

Om in die Texas van Suid-Afrika met Boerbokke en beeste te boer, sit nie sommer in enigeen se broek nie. Veral nie as jy nie eintlik as plaaskind grootgeword het nie, aanvanklik eerder’ n onderwyser was, provinsiale rugby gespeel het en vir lang tye oorsee professioneel in die Europese ligas gekompeteer het nie.

Dit was’ n lang pad, letterlik en figuurlik, van Burgersdorp in die Oos-Kaap tot by Vryburg in Noordwes, en dit is waar Joubert Horn hom tans bevind en met groot sukses’ n boerbok-stoet en beesboerdery bedryf.

VAN RUGBYVELD NA STOETBOKKE

Sy pa is’ n prokureur wat deeltyds met Boerbokke op’ n stukkie grond geboer het, maar die jong Joubert het in daardie tyd nie veel belang daarin gehad nie.

“ Op Kovsies het ek menslike bewegingskunde, my honneurs in sportwetenskap, gedoen en’ n onderwysdiploma

Joubert Horn by Valley,’ n sestand-SA Boerbok-wêreldkampioen.

72 GROND TOT MOND MRT 2026