Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Página 71

KAROO | RONDAWEL GASTEPLAAS

Bo: Hierdie besondere kandelaar het Pieter ook self gebou. Dit bestaan uit 73 leë bottels en weeg 50 kg.

se besigste tyd. Maar die mense wat hier op die plaas kom oorbly, wil juis op’ n plaas wees en het dus’ n ander ingesteldheid en is dus baie gemakliker.”

Ons sit om die ruim eetkamertafel en Tereza bedien skaapnek en allerlei bykosse soos net’ n vrou op die platteland dit kan maak.

“ Die ander lekker ding is dat ek vir die gaste saans kook en hulle geniet dit baie om hier van die vleis te eet wat op hierdie plaas hul bossies gevreet het.”

Vanaf die veld tot waar dit in die mond smelt. Wie dus self hierdie stilte, gasvryheid en plaasatmosfeer wil ervaar, kan by Rondawel Gasteplaas bespreek. Die gasteplaas lê net 38 km buite Richmond langs die N1 en is ideaal vir’ n gerieflike oornag of’ n rustige wegbreek.

E-pos: terezavandmerwe @ gmail. com

MRT 2026 GROND TOT MOND 71