RONDAWEL GASTEPLAAS | KAROO
Hierdie laaste staaltjie( pynlik soos dit was) vertel Pieter in sy wyn- en kuierkelder. Nogmaals: die mooiste houtrakke waarin om en by 600 bottels verouder. Maar kyk, die aanhou van wyn is soos om met merinoskape te boer. Jy moet die ouer wyn( en ou ooie) uitkry om met jonger wyn( en jong ooie) te vervang.
RUSPLEK LANGS DIE N1
Terwyl ons in die kelder sit om tot die beste van ons vermoë plek te maak vir jong ooie( ek bedoel wyn), vertel Tereza van haar gastehuis.
“ Die voordele verbonde aan die bedryf van’ n gastehuis is interessant teenoor die nadele. Die voordele is finansiële onafhanklikheid vir my. Ek werk ook met mense en dit is iets wat ek baie geniet. My kinders het ook baie uit die gastehuis geleer, aangesien ek hulle gedurende skoolvakansies daar laat werk het.” Duidelik teen vergoeding.“ Die nadele.’ n Gastehuis is effens soos’ n tronk. Dit hou jou vas. Jy kan nie regtig weggaan nie. Byvoorbeeld, wanneer jou kinders met vakansie is, is dit die gastehuis
Onder: Die goed toegeruste gasterondawels.
70 GROND TOT MOND MRT 2026