KAROO | RONDAWEL GASTEPLAAS
Bo: Die wynrakke kan 596 gewone wynbottels en 30 magnums huisves. En elke kompartement is uiteraard haaks.
eksotiese harde-hout. Selfs die kleinste stukkie word vir die toekoms bewaar – miskien kry my agterkleinkind dit iewers in die volgende eeu nodig.
WYN, HOUT EN’ N KORTER DUIM
Van tafelsae gepraat. Pieter verwys na sy regterduim. Dié is effens korter as sy linkerboetie.
“ Ek saag eendag’ n stukkie hout met my tafelsaag. Die hout haak en ruk my duim teenaan die lem en daar hang my duim aan’ n stukkie vel. My buurman moes my kom haal en hospitaal toe neem om die spulletjie weer aan te werk. Maar die ou werk net so goed soos voorheen.”
MRT 2026 GROND TOT MOND 69