Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 68

RONDAWEL GASTEPLAAS | KAROO

staan daar met sy bek vol tande. Maar laat weet vir die houtwerker om die masjiene se bearings te vervang en hy doen dit daar en dan.

Terloops, enige houtwerker wat sy skaafsels werd is, loop nie die kans verby om hout iewers te herwin nie. Hierdie gawe word dan ook vinnig die houtwerker se grootste las: Waar stoor jy uiteindelik al die hout? Want sien, hout versamel en die aankoop van duur gereedskap is twee vorme van die houtwerker se ernstigste verslawings. Verder sit die stofmaker met’ n ander turksvy: offcuts( terloops, die woord vertaal as afvalstukke in die soetste taal, maar gesoute houtwerkers verkies offcuts). Offcuts het die vreemde manier om kleintjies te kry. Veral stukke

Onder: Die familie is versot op onthaal en die kelder is dienooreenkomstig ingerig. Reg langsaan is’ n biltongkamer, ook met sitplek waar die bittereinders’ n ABF( Absolute Bloody Final) kan geniet. Reg langsaan is’ n biltongkamer, ook met sitplek waar die bittereinders’ n ABF( Absolute Bloody Final) kan geniet.

68 GROND TOT MOND MRT 2026