Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Página 67

KAROO | RONDAWEL GASTEPLAAS

DIE LIEFDE VIR HOUT EN HERWINNING

Neem byvoorbeeld die eetkamertafel. Lank en breed. Daar kan maklik tot 14 siele gemaklik sit sonder dat jou elmboë jou bure se eetlus belemmer.

“ Die eetkamertafel het ek van Oregon Pine gemaak. Die hout was vloerbalke wat ek uit’ n ou plaashuis op’ n buurplaas gehaal het. Vragte en vragte van hulle. Maar die meeste van die hout was reeds vrot en ek kon net hierdie tafel van al daai hout maak.”

Pousering: Oregon Pine is’ n haakse benaming. Die regte naam is Douglas Fir. Die Afrikaans: Douglasden. Desnieteenstaande praat Afrikaanse( en Engelse) houtwerkers van Oregon Pine. Finish en klaar. Amper soos wanneer’ n taalsuiweraar vir die houtwerker sê hy moet sy tafelsaag of dikteskaaf se laers vervang en die houtwerker

Onder: Die kas en rakstelsel is van rooi Douglasden gemaak en verleen die nodige elegansie wat by die res van die huis pas.

MRT 2026 GROND TOT MOND 67