Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 66

RONDAWEL GASTEPLAAS | KAROO

Bo: Pieter het al die houtwerk self gedoen. Die kassie en die skuurdeur, oftewel daardie tamaai skyf, is uit geel Douglasden( Oregon Pine) gefatsoeneer. Die lessenaar is uit rooi Douglasden gemaak. Alles is met Rubio Monocoat Mud Light afgewerk.

deurbrand, word daar natuurlik’ n vars bron van suurstof geskep.

“ En daardie klomp suurstof maak toe dat die vlamme soos mushrooms in die vertrekke opstyg.”

En dan die balke. Dié was baie dik en uiteraard lank en baie na aan mekaar. Dus nóg brandgoed om die inferno verder in sy kwaad te stook.

Een sitkamerstel het die vuur vrygespring, aangesien dié elders in’ n stoor gehou was. Die res van die ruim sitkamer se meubels het Pieter toe ook gemaak.

Indien ons die huis wou hê soos wat ons dit in die geestesoog gesien het, sou net die meubels R1,6 miljoen gekos het. Ek kon alles natuurlik baie goedkoper self maak.”

66 GROND TOT MOND MRT 2026