Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 65

KAROO | RONDAWEL GASTEPLAAS

ingeboude kaste uit eksotiese hardehout gefatsoeneer. Die beddens het hy natuurlik ook self gebou. In een van die kamers is tot’ n hemelbed. En lessenaars toegerus met laaie en uittrekblaaie vir skoot-rekenaars en dies meer. Tot die lessenaars se stoele.

“ Ek het alles met voeë en houtlym aanmekaar gesit. Daar is nie’ n enkele skroef of dowel in een van die meubelstukke nie.”

Die afwerking is perfek. Kyk maar met’ n vergrootglas en geen fout is sigbaar nie – nie eens opsigtelik vir ervare stofmakers nie.

Ironies genoeg het van die mooiste karaktereienskappe van die oorspronklike opstal daartoe aanleiding gegee dat die ou huis vinniger in puin gelê het. Die kiaatvloere en dak-balke. Die voorgeslagte het mos die vloere’ n meter of wat bo die grond op mure gebou. Voor die ou huis kon mens onderdeur die plek loop. Toe die vloere begin

Onder: Hierdie hangkaste is van Red Grandis gemaak. Al die panele is 600 mm breed sodat dit deur sy dikteskaaf kan pas. Hy het uiteindelik 93 daarvan uit rou hout gemaak.

MRT 2026 GROND TOT MOND 65