RONDAWEL GASTEPLAAS | KAROO
Bo: Die geelhout koffietafel het vir Pieter heelwat hoofbrekens besorg. Al ken sy vaardighede byna geen perke nie, is sy gereedskap soms beperk.
VAN AS TOT HEREHUIS
Maar Pieter en Tereza was nie in sak en as nie en kry dit reg om die nagmerrie in’ n droom te omskep. Hulle het lankal die idee gehad om iewers’ n ou huis te bekom en dié te restoureer. In Richmond gaan hulle egter nie hul geld terugmaak nie en die Kaap is te ver. Hier het hulle egter nou die geleentheid om hul eie huis te laat herbou en die meubelmaak en ander houtwerk self te behartig.
Waar daar tot’ n wyle gelede net as gelê het, staan nou’ n herehuis. Teen’ n steilte vanwaar jy oor groen( dit het onlangs goed gereën) vlaktes en koppies( onder andere die generaal se koppie) kyk.
Vier ruim en suite-slaapkamers. Elkeen met’ n buite-stoep vanwaar jy met’ n beker boeretroos in die hand die son kan sien opkom. In elke kamer het Pieter tamaai( in Eugène Marais se woorde: so wyd soos die Heer se genade)
64 GROND TOT MOND MRT 2026