KAROO | RONDAWEL GASTEPLAAS
In 2019 was Pieter veronderstel om 1 400 lammers te speen. Hy het’ n skamele 50 gespeen. Maar hy kom Round the Devil deur ál sy vee aan een ander boer te verhuur. Maar, soos ons almal weet, is leuens en duiwels soos kakkerlakke: indien jy een sien, kan jy seker wees daar is vele meer. En só was dit.
Kuier Pieter, Tereza en hul kroos in Struisbaai en een aand lui die telefoon. Sy buurman laat weet:“ Pieter, julle huis op die plaas is aan die brand.” Die volgende oggend, toe hulle daar opdaag, staan net die mure.“ Die vloere was van kiaat gemaak. Die plafonne was ook van hout. Die houtmeubels. Alles wat kon brand, het gebrand. Tot die plaasbakkies se sleutels was tot niet. Gelukkig was die skure waar die voertuie, implemente en my houtwerkgereedskap gestoor was, nie geraak nie.”
Onder: Nogmaals Pieter se voortreflike handewerk. Die kombuiskaste is uit Amerikaanse wit eikehout gefatsoeneer, die kandelaar is van garingboomblomme gemaak, en die eetkamertafel is van Douglasden wat Pieter uit’ n ou huis elders herwin het.
MRT 2026 GROND TOT MOND 63