BOERBOKKE | KLIPFONTEIN
verwerf. Daardie tyd het ek by vriende gaan kuier wat boere was en dit het weer my belangstelling geprikkel. Terwyl ek in die Varsitybekerkompetisie vir Shimlas gespeel het, het ek met my geld Boerbokke begin koop en begin opswot oor die ras. Ek het vir my pa gesê ons moet begin boer met die bokke. Die Boerbokke was vir my’ n bitter mooi dier om mee te boer,” vertel hy.
’ N STOET BEGIN BOU
“ Ek het baie rugby gespeel in daardie jare, vir die universiteit, provinsies soos die Griffons en Griekwas en klubrugby in Italië en Frankryk. Ek kon net in vakansietye regtig aandag aan die boerdery gee. Middel 2016 het ek uit Frankryk teruggekeer en vir’ n laaste seisoen vir die Boland gespeel. My skoonpa, Japie Schreuder, het my die geleentheid gegee om vir hom in die Kalahari op Vanzylsrus te gaan boer. Janita, my vrou, het’ n onderwyspos daar gekry en ons is soontoe, met die bokke die hele pad van Burgersdorp af tot in die Kalahari, van 7 ° C in die Oos-Kaap tot die Kalahari se 40 ° C, maar hulle het goed aangepas. Ek het my bokstoet laat registreer en Jacques
Die ingang na Joubert en Janita Hornse plaas Klipfontein buite Vryburg.
NAAM: Klipfontein AREA: Vryburg, Noordwes OPSOMMING: Joubert Horn boer suksesvol met’ n Boerbokstoet en kommersiële beesboerdery in Vryburg, met’ n sterk fokus op genetika en kwaliteit.
MRT 2026 GROND TOT MOND 73