KAROO | RONDAWEL GASTEPLAAS
landbou nie. Eerder oor houtwerk en twee mense se benydenswaardige deursettingsvermoë.
“ My liefde vir houtwerk kom al vanaf my jongjare en ek wou eintlik houtwerk as vak op skool neem. Daai jare was die alternatief wiskunde of tik. Toe sê my pa ek kan altyd later houtwerk op my eie aanleer en eerder wiskunde neem. Hy het geglo dit sal my later beter te pas kom. Ek weet nie aldag of hy reg was nie.”
Onder: Pieter in sy werkswinkel en sy paar hande wat vir niks verkeerd staan nie.
EIENAAR: Pieter en Tereza van der Merwe AREA: Richmond, Noord- Kaap OPSOMMING: Pieter en Tereza se plaas is’ n plek van geloof, deursettingsvermoë en gasvryheid. Hier boer hulle met merinoskape, Pieter skep met besondere vakmanskap in hout, en Tereza bestuur die gaste-rondawels.
MRT 2026 GROND TOT MOND 61