RONDAWEL GASTEPLAAS | KAROO
Bo: Pieter en Tereza van der Merwe. Hy boer met merinoskape en is’ n meesterhoutwerker. Sy bedryf gasterondawels en skilder uitnemend. Kom bly oor op Rondawel en word geïnspireer.
Só vertel Pieter en Tereza van der Merwe, die trotse eienaars van die plaas en gastehuis.
Of die benaming korrek is – dat die Britte die Boeregeneraal as’ n duiwel beskou het en dat die soldate eerder óm die graf moet trek alvorens die generaal hulle vanuit die graf aanval – of bloot’ n mite is, is tersyde. Die werklikheid: Pieter en Tereza moes tydens hul lewens telkemale as gevolg van uitmergelende omstandighede Round the Devil gaan. Soos dit weldra duidelik sal word.
’ N MAN WAT MET HOUT KAN PRAAT
Hulle koop die grond in 2001 en die gasterondawels was toe pas gebou. Maar hierdie vertelling handel nie oor
60 GROND TOT MOND MRT 2026