Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 59

KAROO | RONDAWEL GASTEPLAAS

Die storie vertel van hoe die Boeremagte met behulp van hul guerrilla-oorlogvoering – die skuil in loopgrawe en algehele onvoorspelbaarheid – die Engelse gereeld naby’ n koppie voorgelê en afgeransel het. Die Engelse het dus’ n heilige vrees vir die Boere en hul taktieke ontwikkel. Onthou, die Britse magte was gewoond aan vaste veldslae waar die bevelvoerders van die twee teenstrydige groepe soldate gesamentlik besluit het waar en wanneer die veldslag sou plaasvind. Op die gegewe dag het die twee magte teenoor mekaar gestaan en die skote het begin klap. Die Engelse se probleem was dus dat hulle nooit geweet het wanneer en vanwaar hulle aangeval sou word nie.

“ Daar is blykbaar’ n gevreesde Boere-generaal naby’ n koppie hier oorkant geskiet en daar begrawe. Die Britse bevelvoerders was uiteindelik tot so’ n mate gekarnuffel dat hulle die manskappe beveel het:‘ Go round the devil!’”

Nou is die bekende veeplaas se naam Rondawel met sy Rondawel Gastehuis –‘ Round the Devil’ word toe Rondawel.

“ Maar ek is nie heeltemal seker of die plaas se naam van daardie storie af kom nie.”

Regs: Die kruis is 12 m hoog en 6 m wyd. Pieter reken:“ Nadat die hael ons plaas verwoes het en mense my kom vertel het hoe lank die herstel daarvan sou duur, het ek besluit dat as mense nie die woord LEWE kan uitspreek nie, die klippe dit maar moet uitroep.”

MRT 2026 GROND TOT MOND 59