Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 57

DIVERSIFIKASIE | HUGOSKRAAL

mark gepluk, terwyl kultivars soos Oom Sarel, Keisie en Cascade vir die inmaakfabrieke gelewer word.

Lawrie:“ Alles klink seker baie deurmekaar soos ons vertel van die verskillende plase en waarmee elkeen boer, maar eintlik verloop hierdie familie-masjien baie glad en pas alles mooi bymekaar in. My pa was baie georganiseerd. Toe hy oorlede is, het almal al lankal saam geboer en nie gewonder wat om te doen nie. Hy was betrokke by elke seun en sy boerdery.

“ Nou bel ons mekaar en vra raad as dit nodig is. Dit is baie makliker om sekere sake met jou broer, wat ons almal se belange op die hart dra, te bespreek, want ons is almal saam hierin,” sê hy.

Die Hugo-broers is soos vyf vingers aan’ n hand – die een kan nie sonder die ander nie.