HUGOSKRAAL | DIVERSIFIKASIE
weggespoel, en hoewel gedeeltes van die wingerd verspoel het, het ons gelukkig nie baie verliese gehad nie. In al ons jare hier het ons nog nie naastenby so iets gesien nie. Toe kry ons dit twee jaar in’ n ry,” vertel Lawrie.
As dit reën in oestyd, beteken dit probleme, want die suikers val, die wingerd vrot en mens kry nie klaar gepars nie, vertel Pietman. Die een jaar het hulle eers die eerste week in Mei klaar gepars, waar hulle gewoonlik darem middel April al klaar maak. Dit beteken verliese vir almal in die bedryf, want die kelders se innames is dan ook nie wat dit normaalweg is nie.
“ Die Hugo-broers is soos vyf vingers aan’ n hand – die een kan nie sonder die ander nie.”
Die perskes het reeds gewys die seisoen is vanjaar vroeër. Vroeë nektariens( Alpines) het reeds verlede jaar die tweede week in Julie begin blom en was die eerste week in Augustus in vol blom. Sekere vroeë kultivars, soos Summer Sun, word vir die plaaslike vars