Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 55

DIVERSIFIKASIE | HUGOSKRAAL

MONITERING VAN INSEKTE EN SIEKTES

Die boorde word baie fyn gemonitor vir siektes en peste. Die plantbeskermingspan stap weekliks die boorde deur en spuit onmiddellik as enigiets waargeneem word. Klammer en warm toestande onder die nette kan daartoe lei dat siektes makliker versprei en insekte vinniger uitbroei. Valle vir motte en vrugtevlieë is in die boorde aangebring.

Diefstal van Eskom-lyne verlede jaar in Oktober het hulle vir 21 dae sonder elektrisiteit gelaat.“ Ons moes vinnig koppe bymekaar sit en planne maak om die krisisse af te weer,” sê Lawrie.

WATER EN WEER PLAAS DRUK OP DIE BOERDERY

Besproeiingswater vir die sitrus kom meestal uit die rivier en as dit opdroog, word twee boorgate en ander damme op die plaas gebruik.“ Water is’ n kosbare hulpbron en ons pas waterbestuur streng toe.”

Hierdie jaar moes besproeiing egter aangepas word omdat die rivier reeds middel November gaan staan het.“ Normaalweg haal ons darem middel Desember. Ons was toe genoodsaak om die boonste, groot dam se water te begin gebruik vroeër as wat ons wou,” sê Pietman.

“ Verlede jaar se winter was weer droër, maar die vorige twee jare het ons behoorlik weggespoel. In ses dae het ons altesaam 800 mm reën gehad. Ons pomphuise het