Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 54

HUGOSKRAAL | DIVERSIFIKASIE

Bo: Sterk onderstamme verseker’ n sterk groeiende boom ná enting. Dit speel’ n groot rol in die vrugbaarheid en groei van’ n boom, wat weer tot goeie produksie lei.

Die nette hou baie voordele in en hoewel dit aan die begin’ n groot uitgawe is, is ons dankbaar vir beter oeste. Van die 300 kratte Tango’ s wat geoes is, was daar net sowat agt of nege kratte wat nie die pakstoor gehaal het nie.

“ Iemand hier van Worcester het gesê die dag as die wind nie waai nie, beteken dit net dit waai ewe sterk van albei kante af!”

Die Tango’ s is teen Februarie nog groen en kleinerig, maar verander vinnig binne die volgende paar maande. Die bome is reeds heelwat groter as verlede jaar dié tyd, en behoort in jaar 7 tot 8 in vol produksie te wees.

54 GROND TOT MOND MRT 2026