Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 53

DIVERSIFIKASIE | HUGOSKRAAL

Bo: Die Tango’ s word onder netstrukture verbou om veral windskade te beperk. Dit verhoog uitpakke aansienlik, want baie minder vrugte het skaafplekke.

“ Ja, Covid het die wynbedryf’ n koue skouer gegee en dit het nie goed gegaan nie. Dit is hoekom ons altyd’ n vrugtekomponent sal hê om risiko’ s te verskans,” voeg Lawrie by.

WINDBESKERMING MET NETTE MAAK GROOT VERSKIL

Nette se grootste voordeel is dat dit die ergste wind afkeer en minder skaafmerke op die vrugte veroorsaak.“ Hulle praat van’ n windturbine hier bo oprig, so dit moet jou’ n idee gee presies hoe die wind hier kan waai,” sê Pietman.

Die twee is heeltyd gereed met’ n grappie.“ Iemand hier van Worcester het gesê die dag as die wind nie waai nie, beteken dit net dit waai ewe sterk van albei kante af!”

MRT 2026 GROND TOT MOND 53