Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 52

HUGOSKRAAL | DIVERSIFIKASIE

Geelperskes is die tweede grootste komponent van die boerdery. Nektariens en Tango,’ n pitlose mandaryn-naartjie, word ook verbou.

SITRUSAANPLANTINGS IS GEBORE UIT ONSEKERHEDE

“ Onsekerheid oor die perske-inmaakfabriek se voortbestaan, sowel as Covid, wat op daardie stadium’ n groot rol gespeel het, het daartoe gelei dat ons op sitrus besluit het.”

Pietman het die boerdery se eerste Tango’ s onderskeidelik in 2021 en 2022 op Hugoskraal onder’ n netstruktuur aangeplant. Die bome se rywydte en spasiëring is 5 m x 3 m omdat Tango’ s meer regop groei. Noukeurige snoeiaksies, soos om gereeld die uitskietlote te sny, word gevolg om die bome onderlangs stewiger te kry.

In Julie 2025 is die eerste suksesvolle Tango-oes afgehaal en hy is baie opgewonde oor wat vanjaar gaan oplewer, sê hy.

Onder: Werkers dra mandjies vol handgesnyde druiwe uit die wingerd. Die druiwe wat die oesmasjien nie kan bereik nie, word deur die werkers afgesny en by die ander druiwe in die waens gegooi.

52 GROND TOT MOND MRT 2026