DIVERSIFIKASIE | HUGOSKRAAL
Bo: Uitsig oor Hugoskraal in die Slanghoekvallei, waar die Hugo-familie steeds woon en saam kuier.
DRUIWEPRYSE KAN ONDER DRUK WEES VANJAAR
Pryse het verlede jaar mooi gestyg, maar oordragvoorrade het dié prentjie vanjaar ietwat verander. Terselfdertyd het globale wynverbruik nie’ n opwaartse kurwe getoon nie, en hulle verwag dat pryse swakker gaan wees as verlede jaar, sê Lawrie.“ Hulle praat van tussen 5 % en 8 % swakker, maar as hoër insetkostes in ag geneem word, kan dit maklik binne die groter prentjie verander na tussen 10 % en 12 %. Natuurlik speel inflasie ook’ n rol, so ons moet slimmer en beter boer om die prysfaktor beter te absorbeer. Suiker- en suurgehalte van druiwe speel’ n reuserol, en daarom moet die gesondheid en kwaliteit van die druiwe ook goed wees,” verduidelik Lawrie.
Hy sê die verbouing van gewasse soos sitrus, perskes en’ n bietjie appels en pere help die diversifikasie van die boerdery en vul die wingerdgedeelte baie mooi aan. Geelperskes word byvoorbeeld in Januarie ryp wanneer dit eintlik nog’ n stil maand by die druiwe is, en daarom kan hulle hul werksmag elders ten volle benut.
MRT 2026 GROND TOT MOND 51