HUGOSKRAAL | DIVERSIFIKASIE
ons nie weet of dit vir ons boerdery gaan werk nie. Ligging en prys speel’ n groot rol, en ons moet lewer wat die mark soek.
“ Teen die berg het ons al gevind dat sekere kultivars nie so goed doen nie, maar teen hierdie tyd weet ons al wat waar werk. Die boerdery probeer altyd om soveel moontlik risiko’ s te verskans,” aldus Lawrie.
“ Ons het’ n kultivarplan waarvolgens ons werk. As ons byvoorbeeld weet daar is’ n blok Chenin Blanc wat oud is, sal ons betyds nuwes aanplant. Produksie van só’ n nuwe blok neem sowat drie jaar,” sê Pietman.“ Dit is ook baie belangrik dat die grond eers’ n tyd lank rus.”
Die druiwe word by die Slanghoek- en Bothawynkelders gelewer. Hulle plant ook’ n bietjie Pinot Noir vir Graham Beck-wynkelder by Robertson.
Die Hugo’ s is baie meer produksiegeoriënteerd en daarom verbou hulle eerder druiwe as wat hulle wyn maak, hoewel drie van die broers wingerd- en wynkunde op Stellenbosch studeer het.
Onder: Die 2026-druiwe-oes is in volle swang, met kultivars wat na Slang-hoek- en Botha-kelders vir wynproduksie vervoer word.
50 GROND TOT MOND MRT 2026