Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 49

DIVERSIFIKASIE | HUGOSKRAAL

NUWE OESMASJIENE MAAK’ N VERSKIL IN PARSTYD

Die Hugo’ s het onlangs twee nuwe Braud-oesmasjiene aangekoop.

“ Ongelukkig het ons’ n ligte krisis gehad toe’ n part op een van die masjiene vervang moes word. Ons was redelik benoud, want in parstyd moet dinge nie verkeerd loop nie. Gelukkig kon Agrimark ons help met tydelike reëlings en’ n paar dae later is die part vervang en ons kon weer voortgaan,” vertel Pietman.

Wyndruiwe vorm 80 % van die boerdery se aanplantings en wit kultivars soos Chenin Blanc, Chardonnay, Sauvignon Blanc en Hanepoot word verbou. Die rooi kultivars sluit onder meer Pinotage, Merlot, Shiraz, Cabernet, Ruby Cabernet, Cinsaut en Colombar in. Eksperimenteer hulle met sekere kultivars? Lawrie lag.“ Ons vat soms klein kansies!”“ Ons kan nie groot, nuwe aanplantings doen voordat

Onder: Hierdie pragtige, vol geelperskes was bykans reg vir pluk. Dit word aan’ n inmaakfabriek vir prosessering gelewer.

MRT 2026 GROND TOT MOND 49