Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 48

HUGOSKRAAL | DIVERSIFIKASIE

Bo: Die Hugo’ s het onlangs twee nuwe New Holland Brauddruiweoesmasjiene aangekoop. Wingerdboere kan nie meer sonder hierdie blou staatmakers oes nie.

FYN BEPLANNING EN BESTUUR IN’ N FAMILIEBOERDERY

’ n Familieboerdery het baie voordele, maar dit verg fyn beplanning en bestuur. Gelukkig kan Du Toit raad gee wanneer dit by die boerdery se finansies kom.

Pietman en Lawrie boer by Slanghoek en Jacques en Leon net’ n klipgooi in die rigting van Rawsonville. Vier van die plase ressorteer onder Hugoskraal Boerdery, drie plase onder De Breede Boerdery, en dan is daar nog twee of drie plase wat elk onder aparte entiteite geboer word.

“ Deur saam te boer, beteken ook dat elkeen pa staan vir sy eie gedeelte, maar ons help en deel oor en weer,” vertel Lawrie.

Aangesien hulle jaarliks groot hoeveelhede druiwe pars, gebruik hulle Braud-oesmasjiene om die werkslading te verlig.“ Ons kan net nie sonder dit boer nie. Hierdie masjiene doen elk 80 mense se werk. Dit is die grootste rede waarom ons die boerderyvertakkings kon uitbrei, want ons kan terselfdertyd ons plaaswerkers elders aanwend.”

48 GROND TOT MOND MRT 2026