DIVERSIFIKASIE | HUGOSKRAAL
Pietman( 50), die oudste, vertel hul oupa, Pieter Barend Botha Hugo( wat Pietman genoem is), was’ n bekende in die wynbedryf en voorsitter van die KWV. Hy het die boerdery begin, waarna hul pa( met dieselfde name), alias Pieter, later die boerdery oorgeneem het. Hy was’ n stigterslid van Vinpro en het ook in vele direksies van plaaslike wynkelders, asook op dié van die KWV, gedien. Hy is in 2020 oorlede. Toe volg die Hugo-seuns in hul spore.
Lawrie( 48, tweede oudste) stap die kantoor op Hugoskraal binne waar Pietman oor die boerdery gesels. Dié is opmerklik verlig.“ Nee jong, kom help my met al hierdie vrae,” laat hoor hy benoud.
“ Ons was eers net drie seuns, maar met die laaste probeerslag vir’ n dogtertjie … was dit tweelingseuns! Ek dink toe hulle sien die kinders begin in twee’ s kom, het hulle besluit genoeg is genoeg,” vertel Lawrie laggend.
Bo:’ n Handvol ryp druiwe word sorgvuldig in die wingerd by Hugoskraal geoes,’ n bewys van die Hugo-familie se fokus op kwaliteit en noukeurige bestuur oor geslagte heen.
MRT 2026 GROND TOT MOND 47