Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 42

VAN LOVEREN FAMILY VINEYARDS

wynreekse soos Christina, Van Loveren en Zandvliet die maatskappy se reputasie in die boonste segment van die mark versterk het.

’ N STRATEGIE GEBOU OP SES PILARE

Die kern van Van Loveren se groei lê in’ n duidelik omskrewe strategie wat op ses pilare berus: wyntoerisme, verkrygings en vennootskappe, transformasievennootskappe, innovasie, volhoubaarheid en diversifikasie. Hierdie beginsels stel die besigheid in staat om aanpasbaar te bly in’ n mededingende globale mark terwyl’ n duidelike langtermynvisie behou word.

Wyntoerisme het’ n sentrale rol in die maatskappy se handelsmerkstrategie geword. Volgens uitvoerende hoof Phillip Retief stel toerisme wynprodusente in staat om direk met verbruikers te skakel en betekenisvolle ervarings rondom hul wyne te skep. Benewens handelsmerkblootstelling bied dit ook nuwe sakegeleenthede.

Verkrygings en vennootskappe is’ n belangrike komponent van hierdie strategie. Van Loveren het oor die jare’ n sterk gevestigde netwerk in die bedryf opgebou wat die

Onder: Die ingang na Van Loveren Family Vineyards in Robertson.

42 GROND TOT MOND MRT 2026