VAN LOVEREN FAMILY VINEYARDS
Bo: Die VRL-reeks van Van Loveren weerspieël die onderneming se fokus op kwaliteit en diversiteit in beide die plaaslike en internasionale wynmark.
maatskappy in staat stel om sy sterkpunte te benut terwyl dit produksie en verspreiding uitbrei.
Transformasie en bemagtiging vorm ook’ n kernaspek van die besigheid se benadering. Landbouprojekte soos De Goree, Middelburg en Olyfberg kombineer kommersiële groei met inklusiwiteit en bied vennote die geleentheid om in die suksesvan die handelsmerke te deel. Benewens kommersiële groei plaas die Retief-familie groot klem op volhoubaarheid en gemeenskapsontwikkeling. Plaaswerkers neem deel aan verskeie bemagtigingsinisiatiewe en besit byvoorbeeld 26 % van die Five’ s Reservehandelsmerk, met dividende wat weer in die gemeenskap belê word.
Omgewingsverantwoordelikheid vorm ook’ n belangrike deel van die besigheid se strategie. Beleggings in sonkrag voorsien tans byna 40 % van die maatskappy se energie-behoeftes, terwyl duisende hektaar vir bewaring en rehabilitasie van inheemse habiwtatte opsy gesit is.
UITBREIDING EN BELEGGING IN PREMIUM WYNE
Van Loveren het die afgelope dekade doelbewus sy posisie in die premium en prestige wynsegmente versterk.
MRT 2026 GROND TOT MOND 43