VAN LOVEREN FAMILY VINEYARDS
interne vermoëns versterk het. Vandag word die onderneming wyd beskou as die land se grootste onafhanklike wynmaatskappy, met belange in verskeie belangrike wynstreke, waaronder Robertson, Stellenbosch, Paarl, die Swartland, Tradouwen Worcester.
ERKENNING VIR VISIONÊRE LEIERSKAP
Hul leierskap en bydrae tot die bedryf is onlangs tydens Suid-Afrika se jaarlikse Wynoesherdenkingsgeleentheid met die gesogte 1659-Toekenning vir Visionêre Leierskap vereer. Die eerbewys erken individue of organisasies wat’ n betekenisvolle bydrae tot die ekonomiese, omgewingen sosiale volhoubaarheid van die land se wynbedryf gelewer het. Die Retief-neefs werk al jare lank aan’ n veelsydige portefeulje. Bekende handelsmerke soos Four Cousins, Almost Zero en Tangled Tree het Van Loveren se naam in nuwe, meer toeganklike markte gevestig, terwyl premium
Onder: Die Retief-neefs van Van Loveren Family Vineyards tydens die Wynoesherden-kingsgeleentheid waar hul bydrae tot die Suid-Afrikaanse wynbedryf met die 1659-toekenning vir Visionêre Leierskap erken is. Van links: Neil, Bussell, Phillip en Hennie Retief.
MRT 2026 GROND TOT MOND 41