NUUS | BROKKIES
Koring bly onder druk Koring was ook’ n groot gesprekspunt. Suid-Afrika bly sterk afhanklik van ingevoerde koring, terwyl plaaslike produsente al hoe meer sukkel om onder die huidige omstandighede kop bo water te hou. Graan SA het weer beklemtoon dat’ n meer voorspelbare en deursigtige tariefomgewing nodig is om verdere druk in die koringwaardeketting te verlig.
Swak infrastruktuur kos boere geld Swak paaie, duur logistiek en die afname in spoorwegdoeltreffendheid vreet intussen ook aan boere se marges. Elke vertraging en ekstra kilometer op slegte paaie verhoog koste. Die gevoel by die kongres was dat planne en beloftes nie meer genoeg is nie. Produsente wil nou uitvoering sien.
Toegang tot tegnologie bly noodsaaklik Nog’ n sterk boodskap was dat mededingendheid toenemend afhang van toegang tot tegnologie en innovasie. As Suid-Afrikaanse graanboere wêreldwyd wil bybly, moet hulle toegang hê tot die beste genetika, gewasbeskerming, digitale stelsels en meganisasie. Stadige regulatoriese prosesse hou die sektor terug.
36 GROND TOT MOND FEB 2026