BROKKIES | NUUS
Slimmer bestuur gaan al belangriker word Tog het die gesprek nie net oor eksterne probleme gegaan nie. Sprekers het ook beklemtoon dat produsente self op dissipline, presisie en slimmer besluitneming moet fokus. In’ n lae-marge-omgewing gaan dit nie net oor hoër opbrengste nie, maar oor beter bestuur, beter gebruik van data en groter insetdoeltreffendheid.
’ n Duidelike boodskap uit Bothaville Die kongres het uiteindelik een ding baie duidelik gemaak: Suid-Afrikaanse graanprodusente is bereid om aan te hou produseer, te belê en die land te voed, maar hulle kan dit nie alleen doen nie. Daar is dringend aksie nodig op beleid, infrastruktuur en marktoegang. Sonder winsgewende boere kan daar nie volhoubare voedselsekerheid wees nie.
FEB 2026 GROND TOT MOND 37