BROKKIES | NUUS
Die 2026 Graan SA Kongres het op 11 en 12 Maart by NAMPO Park in Bothaville plaasgevind, waar produsente, landboukundiges, bedryfsrolspelers en beleidmakers saamgesels het oor die toenemende druk op graanboerdery. Die groot boodskap uit die kongres was duidelik: Suid-Afrikaanse graanboere bly veerkragtig en innoverend, maar die gaping tussen produksiekoste en inkomste raak al moeiliker om te oorbrug.
Een van die sterkste temas was dat voedselsekerheid nie los van plaaswinsgewendheid gesien kan word nie. As boere nie winsgewend kan bly nie, raak die hele voedselsisteem kwesbaar. Insetkoste, veral kunsmis en brandstof, bly hoog, terwyl graan-pryse onder druk is. Vir baie produsente beteken dit hulle moet nou’ n duur gewas in’ n swakker mark bestuur.
Boere vra nie beskerming nie, maar sekerheid By die kongres is dit ook duidelik gestel dat boere nie spesiale beskerming soek nie. Wat hulle wel vra, is groter voorspelbaarheid. Hulle wil in’ n omgewing boer waar beleid duidelik is, infrastruktuur werk en besluite betyds geneem word. Onsekerheid oor regulasies, administratiewe vertragings en swak dienslewering maak gewone boerderyrisiko net soveel groter.
MRT 2026 GROND TOT MOND 37