Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Seite 32

NUUS | BROKKIES

Die jongste dieselprysstyging kom op’ n tyd wanneer baie boere dit regtig nie kan bekostig nie. In vroeg Maart het diesel reeds met tussen 62c en 65c per liter gestyg, en alles dui daarop dat April nóg’ n groot hou kan inbring. Op 17 Maart het die Sentrale Energiefonds se daaglikse syfers al gewys dieselpryse kan met tussen R7.73 en R7.83 per liter styg.

Vir boere is diesel nie’ n luukse nie, en omdat so’ n groot deel van Suid-Afrika se graan en oliesade per pad vervoer word, druk elke styging in dieselprys die koste van boer en bemark net verder op.

32 GROND TOT MOND MRT 2026