BROKKIES | NUUS
Regs bo: By Cape Sweet Nursery het die Green Tour gewys hoe presisie en gehalte reeds by boomvestiging begin. Links bo: SKF Boerdery het grondontledings en presiese voedingsbestuur die waarde van data op die plaas beklemtoon.
Die afsluitingsdag het gefokus op kennisdeling deur kenners. Onderwerpe soos biochar, spuitbymiddels, grondsuurheid, kalk, gips, humate en die praktiese gebruik van data op die plaas is bespreek. Die boodskap was duidelik: suksesvolle boerdery vra nie net insette nie, maar ingeligte besluite wat op die land waarde toevoeg. Praat met jou plaaslike Kynoch-agent of landboukundige as jy belangstel om deel van die toer te wees, of as jy wil hê jou plaas moet vir’ n toekomstige besoek oorweeg word.
MRT 2026 GROND TOT MOND 31