Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Seite 30

NUUS | BROKKIES

Die toer het onder meer gestop by Cape Sweet Nursery, waar presisie en gehalte in boomproduksie sentraal staan, asook by Lumbri Compost en ZZ2 Natuurboerdery ®, waar die waarde van kompos en biologiese grondbestuur beklemtoon is. By SKF Boerdery naby Riebeek-Wes was die fokus op presiese voedingsen waterbestuur, terwyl Bonnievale se uiteenlopende grondtipes en besproeiingsmoontlikhede die belang van streekspesifieke bestuur uitgelig het. Op Witdraai in die Overberg het die integrasie van gewasse, vee en natuurbewaring gewys hoe veerkragtige boerderystelsels gebou word.

Onder: By Lumbri Compost en ZZ2 Natuurboerdery ® was die fokus op kompos, biologie en langtermyn grondgesondheid.

30 GROND TOT MOND MRT 2026