Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 33

BROKKIES | NUUS

Die probleem is ook groter as net brandstof. Kunsmispryse beweeg dikwels saam met internasionale oliepryse, en met Suid-Afrika wat die meeste van sy kunsmis invoer, kan boere maklik van twee kante af getref word: duurder diesel én duurder insette. Dit sny aan winsgewendheid op plaasvlak, en op die ou einde werk dit ook deur na kospryse op die rak. Ja, daar is verligting in die vorm van die dieselrabat, en SARS sê kwalifiserende landbougebruikers sal van 1 April 2026 af op 100 % van kwalifiserende plaasgebruik kan eis. Maar dit vat nie die onmiddellike pyn weg nie. Die boer moet steeds eers die duurder diesel koop, die werk doen en hoop die mark gee later bietjie asem. Solank die oorlogspanning in die Midde-Ooste en die onsekerheid in die oliemark aanhou, gaan baie produsente met geknypte tande na hul brandstofrekening kyk.

FEB 2026 GROND TOT MOND 31