Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 26

NUUS | BROKKIES

Al hoe meer gesondheidsbewuste verbruikers kyk deesdae mooi na hoeveel proteïen hulle daagliks inkry, en dit dryf’ n duidelike skuif in die mark na gerieflike, hoëproteïen produkte wat maklik in’ n besige leefstyl kan inpas.

Dié tendens is reeds sigbaar in verskillende kategorieë op winkelrakke. Lactalis South Africa het byvoorbeeld reeds in 2022 sy Parmalat Protein +-jogurtreeks in Suid Afrika bekend gestel, terwyl Woodlands Dairy nou sy First Choice High Protein-reeks uitbrei met’ n nuwe High Protein Max met 27 g proteïen per 250 ml, asook’ n verbeterde High Protein Recovery met 21 g proteïen. Wat opvallend is, is dat hierdie produkte nie net op topsport fokus nie, maar ook op gewone verbruikers wat gesonder keuses wil maak. Die klem val toenemend op gerief, smaak en funksionaliteit, met ander woorde produkte wat vinnig gebruik kan word, lekker smaak en terselfdertyd voedingswaarde bied. In First Choice se geval sluit die geure dubbelbessie, grondboontjiebotter, sjokochino, aarbei, gesoute karamel en sjokolade-haselneut in. Die groter prentjie is dus dat proteïen besig is om’ n alledaagse deel van gesond leef te word. Van jogurt tot drinkbare suiwelprodukte: verbruikers soek toenemend maniere om hul proteïeninname maklik, smaaklik en onderweg aan te vul.

26 GROND TOT MOND MRT 2026