Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 25

BROKKIES | NUUS

Regs onder: Simply Bee se storie begin by die bye. Links onder: Simply Bee Antiseptic Balm is een van die reeks se gewildste produkte en’ n staatmaker in baie huise vir die versorging van probleemvel.

Wat as’ n passie vir suiwer, natuurlike bestanddele begin het, het oor die jare gegroei tot’ n trots Suid-Afrikaanse velsorg-handelsmerk. Van die eerste flesse rou fynbosheuning tot die reeks byewasprodukte van vandag, was die uitgangspunt nog altyd eenvoudig: die natuur bied wat die vel nodig het. Vir Helena gaan hierdie mylpaal oor meer as net 15 jaar in besigheid. Dit gaan oor’ n familiepad met bye, kennis wat oor geslagte heen oorgedra is, en’ n diep respek vir die natuur, eerlike bestanddele, volhoubare byeboerdery en natuurlike versorging. Sy sê ook die onderneming se groei sou nie moontlik gewees het sonder die vertroue en ondersteuning van klante, verspreiders en die groter gemeenskap nie.

FEB 2026 GROND TOT MOND 23