Grond tot Mond - Maart 2026 - Uitgawe 33 | Page 24

NUUS | BROKKIES

Simply Bee vier vanjaar 15 jaar, maar die storie begin veel vroeër. Volgens stigter Helena van der Westhuizen is die eerste saadjie reeds 100 jaar gelede geplant, toe haar oupa in 1926 met byeboerdery begin het. In 1954 het haar pa die pad voortgesit, en in 2008 het Helena en haar man, Pierre, dié familieerfenis weer opgeneem. Daaruit is Simply Bee Natural Beeswax Products in 2011 gebore.

Bo: Helena van der Westhuizen in Simply Bee se winkel in Hopefield.

24 GROND TOT MOND MRT 2026