Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 94

PATENSIE SITRUS | SITRUS

Die oesseisoen begin in Maart met Satsumas. Dit is baie bederfbaar en sensitief. Gelukkig trek ons met ons uitvoere voordeel omdat daar dan nie baie ander alternatiewe in die mark is nie.

Suurlemoene word vir sowat 20 weke lank verpak en uitgevoer. Altesaam 80 % van die sitrusvolumes wat ontvang word, gaan na supermarkte in Europa en die Verenigde Koninkryk, terwyl sowat 20 % na die Midde-Ooste uitgevoer word.

Net meer as’ n dekade gelede was 60 % van die innames lemoene en minder as 30 % sagte sitrus. Deesdae is 55 % van al hul uitvoere sagte sitrus.

PROBLEME IN DIE MIDDE-OOSTE SPEEL’ N ROL

Tot nou toe het die vrugte deur alternatiewe roetes in die Midde-Ooste aangekom, maar dit het redelik lank geneem. Die huidige uitvoerroetes neem aansienlik minder tyd, en daar bestaan’ n kans dat’ n bottelnek weens oorlaaide markte kan ontstaan.

“ Die groter probleem vir ons is dat sekere variëteite, soos suurlemoene en Valencias, die langer vervoertydperk kan hanteer, maar nawels en sagte sitrus kan nie so lank in verskeping wees nie.

“ Ons is’ n laat-area, so gelukkig het die oorlog in die Midde-Ooste tot in April geen implikasies vir ons gehad

96 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025