WAT HOU DIE NUWE SEISOEN IN?
SITRUS | PATENSIE SITRUS
Hy sê hulle moes die vloedskade in ag neem en die syfers en begrote getalle aanpas. Die nuwe verwagting is sowat 175 000 kratte sitrus, wat gelykstaande is aan 4 miljoen kartonne van 15 kg vir uitvoer.
“ Ons oogmerk is om’ n premiumproduk vir die mark te lewer.”
Produsente wat by Patensie Sitrus lewer, kan wel van ander bemarkers gebruik maak, maar daar is voordele vir dié produsente wat deur die maatskappy bemark word.“ Soos met enige ander uitvoermaatskappy moet produsente kommissie betaal, maar ons bevoordeel ons produsente wat deur ons bemark word deur sowat tweederdes daarvan weer aan hulle terug te betaal.”
Onder: Graderingsagteware word gebruik vir die sortering van die vrugte. Die Compac-program wys die kleur, gewig en defekte uit.’ n Hele aantal foto’ s word van elke vrug geneem, en só kan die operateur die vrugte volgens die verskillende klasse gradeer waarvolgens dit gepak word.
JUN 2026 GROND TOT MOND 93