Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 92

PATENSIE SITRUS | SITRUS

Bo: Topgehalte sitrus, gereed vir die uitvoermark.

gebruik om die beste moontlike kleurontwikkeling van die vrugte te verseker.’ n Verdere voordeel van hierdie kamers is dat hulle ook as koelbergingsgeriewe gebruik kan word, wat hulle in staat stel om logistiek sowel as die koueketting doeltreffend te bestuur.

Patensie Sitrus verseker só dat gehaltestandaarde in die pakhuise sowel as op produsente se plase voortdurend gemonitor en geoudit word.

Verpligte akkreditasies waaraan die pakhuise moet voldoen, is onder meer BRC, HACCP en Field to Fork. Dit is van uiterste belang dat alle produserende plase die nodige GlobalG. A. P.-akkreditasie het. Dit is juis die implementering van hierdie standaarde wat verseker dat Patensie Sitrus onder die leiers in die sitrusbedryf is, glo Fredri.

92 GROND TOT MOND JUN 2026