SITRUS | PATENSIE SITRUS
Patensie Sitrus het ses direkteure, 49 permanente personeellede en 1 300 seisoenale werkers. Oes- en paktyd is vanaf begin Maart tot gewoonlik die eerste week van Oktober.
Sodra die vrugte geoes is, word dit na Patensie Sitrus se twee pakhuise vervoer. Albei is toegerus met moderne, gerekenariseerde stelsels waar vrugte outomaties volgens deursnee, massa, kleur, vorm en oppervlakkige gebreke gesorteer word ten einde’ n hoëgehalteproduk te kan lewer.
Aangesien die totale verwerkingskapasiteit 60 t per uur is, kan die vrugte op hul optimale rypheid gepluk en verpak word.
Fredri sê hulle het ook in moderne ontgroeningskamers met’ n bergingskapasiteit van 1 600 t vrugte belê. Hierdie kamers word gedurende die vroeë deel van die seisoen
Onder: Verskillende produkte vir verskillende markte word in die houers verpak.
JUN 2026 GROND TOT MOND 91