PATENSIE SITRUS | SITRUS
Bo: Die nuutste tegnologie word in die pakhuise gebruik om te verseker dat die uitvoerprodukte aan al die kriteria voldoen.
Die rede vir die groot skuif na sitrus is dat dit’ n uitsonderlike area vir veral sagte sitrus en laat nawels is. Produsente het die geleentheid gekry om hul inkomste baie beter te beskerm deur die uitvoermark te betree. Vandag word sowat 95 % van alle sitrusaanplantings in die Gamtoosvallei uitgevoer.
Die twee pakhuise behartig die verpakking, terwyl die bemarkingsafdeling die vrugte uitvoer en verkoop. Die maatskappy het ook sy eie kwekery, wat oop is vir die publiek en tot so ver as Namibië en Angola verskaf.
Die aanplantings van produsente wat by Patensie Sitrus lewer, sowel as die maatskappy s’ n, beslaan altesaam 2 000 ha. Sowat 340 ha van dié aanplantings behoort aan die maatskappy of word langtermyn gehuur.
90 GROND TOT MOND JUN 2026