SITRUS | PATENSIE SITRUS
“ Ons het dus die regte groep gehad met wie ons die pad wou stap. Ons wil die volume organies laat groei, nie die produsentetal nie. Ons is die enigste uitvoerder wat kan sê ons is eksklusief en as jy ons kartonne oopmaak, weet jy die produk is binne 40 km van ons pakhuis verbou. Ons oogmerk is om’ n premiumproduk vir die mark te lewer.”
BAIE HET OOR DIE JARE VERANDER
Volgens Fredri het die vallei oor die laaste 30 jaar aansienlik verander. Vroeër was 40 % van die aanplantings sitrus, 20 % tabak en die res groente.
JUN 20265 GROND TOT MOND 89