PATENSIE SITRUS | SITRUS
In 1998 het Patensie Sitrus Koöperasie’ n maatskappy geword. Dit het 42 aandeelhouers en 14 aktiewe produsente.
“ Patensie Sitrus het’ n paar jaar gelede besluit dat geen produkte van nuwe produsente ingeneem gaan word nie. Produsente wat nie meer by die maatskappy lewer nie, sal ook nie weer dié geleentheid later kry, sou hulle wil terugkeer nie.
“ Daar is baie kompetisie onder uitvoerders. Die produsente het rondgespring vir prys. As die maatskappy slegte tye beleef het, het hulle elders beter gaan soek. As dit weer beter met die maatskappy gegaan het, wou hulle terugkeer. Daar was egter diegene wat deurentyd vasgebyt het en ons het besluit om ons lojale produsente te beskerm,” vertel Fredri.
Onder: Die vrugte word volgens verskeie spesifikasies in verskillende houers geplaas voordat dit op spesifieke lyne geplaas word om verpak te word.
88 GROND TOT MOND JUN 2026