Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 87

SITRUS | PATENSIE SITRUS

Bo: In piektyd loop drie paklyne gelyk en word daar dag- en nagskofte gewerk.

BYKANS 100 JAAR IN BESIGHEID

Patensie Sitrus is vanjaar 98 jaar oud. Die Patensie Sitrus Koöperasie is bykans 100 jaar gelede gestig toe twee kleiner koöperasies saamgesmelt het. Al die sitrus uit die vallei is deur die nuutgestigte koöperasie verpak en bemark. Die eerste sitrus wat na Europa uitgevoer is, was Valencia-lemoene na Engeland, wat meestal vir sap gebruik is. Reeds in 1908 is 139 houtkissies pitlemoene per ossewa na Loerie-stasie vervoer vir uitvoer.

Oor die jare het die uitvoerbedryf egter verander, veral weens deregulasie in die laat 1990’ s. Patensie Sitrus hanteer 30 % van die totale volume sitrus in die Gamtoosvallei; nog 30 % word deur’ n ander privaat pakhuis verpak, terwyl die orige 40 % deur 19 ander pakhuise in die omgewing verpak word.

JUN 2026 GROND TOT MOND 87