Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 86

PATENSIE SITRUS | SITRUS

“ Dit wat ons in die vooruitsig gestel het vir die seisoen, lyk nou eensklaps baie anders. Ons sou die tweede week van Mei reeds met dag- en nagskofte op drie paklyne begin het, maar die reën en oorstromings het oesbedrywighede swaar ontwrig en produksie moes noodwendig met twee weke aanskuif.

Skade in die vallei word egter op tussen 15 % en 30 % bereken.

“ Ten spyte van die groot verliese wat die meeste boere in die vallei gely het, is ons dankbaar dat die Kouga-dam op maksimum kapasiteit is. Dieselfde oorstromings kon uit die Karoo met die Grootrivier gekom het, maar dan was ons dam se vlakke selfs laer en sou ons vir seker’ n knellende droogte binnegegaan het. Nou gee die reën ons’ n geleentheid om volgende jaar’ n goeie oes op die bome te sit.”

Onder: Patensie Sitrus is’ n enorme verpakkings- en uitvoermaatskappy wat sowat 30 % van die gebied se sitrus hanteer.

86 GROND TOT MOND JUN 2026