Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 85

SITRUS | PATENSIE SITRUS

“ Reeds in 1908 is 139 houtkissies pitlemoene per ossewa na Loeriestasie vervoer vir uitvoer.”

Bo: Fredri Kok, hoofuitvoerende beampte van Patensie Sitrus, saam met die produksiebestuurder, Flippie Gunter.

Fredri Kok, hoofuitvoerende beampte van Patensie Sitrus,’ n sitruspakhuis en uitvoerder in die Gamtoosvallei wat jaarliks bykans 80 000 t sitrus uit hierdie distrik uitvoer, sê die reëls en regulasies is geweldig streng en dat hulle nie van voorskrifte kan afwyk nie. Een fout kan miljoene rande se verliese vir produsente én die bedryf tot gevolg hê.

Patensie Sitrus se uitvoere vanjaar moes aangepas word weens die vloede wat die Gamtoosvallei vroeg in Mei getref het. Die volle omvang van die finansiële impak sal eers oor’ n paar maande finaal bereken kan word. Skade in die vallei word egter op tussen 15 % en 30 % bereken.

Fredri,’ n boorling van die vallei wat al 12 jaar lank aan Patensie Sitrus verbonde is, sê die vloede het die boere baie hard geslaan.

JUN 2026 GROND TOT MOND 85